9 And when he had opened the fifth seal, I saw under the altar the souls of them that were slain for the word of God, and for the testimony which they held:
10 And they cried with a loud voice, saying, How long, O Lord, holy and true, dost thou not judge and avenge our blood on them that dwell on the earth?
11 And white robes were given unto every one of them; and it was said unto them, that they should rest yet for a little season, until their fellowservants also and their brethren, that should be killed as they were, should be fulfilled.
1En Jósafat het ontslaap met sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid; en sy seun Joram het in sy plek koning geword.
2En hy het broers gehad, seuns van Jósafat: Asárja en Jéhiël en Sagaría en Asarjáhu en Mígael en Sefátja; hulle was almal seuns van Jósafat, die koning van Israel.
3En hulle vader het hulle baie geskenke gegee in silwer en goud en in kosbaarhede saam met versterkte stede in Juda; maar die koningskap het hy aan Joram gegee, want hy was die eersgeborene.
4Maar toe Joram die koningskap van sy vader aanvaar het en homself versterk het, het hy al sy broers met die swaard vermoor en ook sommige van die owerstes van Israel.
5Twee en dertig jaar was Joram oud toe hy koning geword het, en hy was agt jaar lank koning in Jerusalem.
6En hy het in die weg van die konings van Israel gewandel soos die huis van Agab gedoen het, want hy het die dogter van Agab as vrou gehad en het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE.
7Maar die HERE wou die huis van Dawid nie vernietig nie ter wille van die verbond wat Hy met Dawid gesluit het, en volgens sy belofte om vir hom en sy seuns altyd 'n lamp te gee.
8In sy dae het die Edomiete van Juda afvallig geword en 'n koning oor hulle aangestel.
9Daarom het Joram oorgetrek saam met sy owerstes en al sy strydwaens; en toe hy hom in die nag klaargemaak het, het hy die Edomiete verslaan wat rondom hom was, en om die owerstes van die waens.
10So het die Edomiete dan van Juda afvallig geword, tot vandag toe; in dieselfde tyd het Libna afvallig geword onder sy mag uit, want hy het die HERE, die God van sy vaders, verlaat.
11Hy het ook hoogtes op die berge van Juda gemaak en die inwoners van Jerusalem laat hoereer en Juda verlei.
12Toe kom daar 'n brief van die profeet Elía by hom aan om te sê: So spreek die HERE, die God van u vader Dawid: Omdat u in die weë van u vader Jósafat en in die weë van Asa, die koning van Juda, nie gewandel het nie,
13maar gewandel het in die weg van die konings van Israel en Juda, en die inwoners van Jerusalem laat hoereer het volgens die hoererye van die huis van Agab, en selfs u broers, die huis van u vader, vermoor het, wat beter was as u —
14kyk, die HERE sal 'n groot plaag stuur onder u volk en onder u seuns en onder u vroue en onder al u goed,
15en u self sal aan baie siektes ly, aan 'n siekte van u ingewande, totdat u ingewande vanweë die siekte uitkom, jare lank.
16Toe verwek die HERE teen Joram die gees van die Filistyne en van die Arabiere wat langsaan die Kusiete is —
17hulle het teen Juda opgetrek en dit verower en al die goed weggevoer wat in die huis van die koning te vinde was, selfs ook sy seuns en sy vroue, sodat daar vir hom geen seun oorgebly het nie, behalwe Jóahas, die jongste van sy seuns.
18En ná dit alles het die HERE hom in sy ingewande aangetas met 'n siekte waar geen genesing voor was nie.
19En ná enige tyd, naamlik teen die einde van die tweede jaar, het sy ingewande by sy siekte uitgekom, sodat hy onder hewige pyne gesterf het; en sy volk het vir hom geen wierookbrand gemaak soos die brand vir sy vaders nie.
20Hy was twee en dertig jaar oud toe hy koning geword het en het agt jaar in Jerusalem geregeer; en hy het heengegaan sonder dat hulle hom terug verlang het; en hy is begrawe in die stad van Dawid, maar nie in die grafte van die konings nie.