9 And when he had opened the fifth seal, I saw under the altar the souls of them that were slain for the word of God, and for the testimony which they held:
10 And they cried with a loud voice, saying, How long, O Lord, holy and true, dost thou not judge and avenge our blood on them that dwell on the earth?
11 And white robes were given unto every one of them; and it was said unto them, that they should rest yet for a little season, until their fellowservants also and their brethren, that should be killed as they were, should be fulfilled.
1Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies." Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing. 'n Lied van die liefde.
2My hart word bewoë deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor aangaande 'n Koning; my tong is die pen van 'n vaardige skrywer.
3U is veel skoner as die mensekinders; genade is uitgestort op u lippe; daarom het God U geseën vir ewig.
4Gord u swaard aan die heup, o held, u majesteit en u heerlikheid;
5ja, u heerlikheid! Ry voorspoedig ter wille van waarheid en ootmoed en geregtigheid; en laat u regterhand U vreeslike dinge leer!
6U pyle is skerp (volke val onder U!); hulle tref in die hart van die Koning se vyande.
7U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer.
8U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle.
9Al u klere is mirre en alewee en kassie; uit ivoorpaleise maak snarespel U bly.
10Dogters van konings is onder u staatsdogters; die koningin staan aan u regterhand in goud van Ofir.
11Hoor, o dogter, en kyk en neig u oor, en vergeet u volk en die huis van u vader;
12en as die Koning u skoonheid begeer — want Hy is u Heer — buig u dan voor Hom neer.
13En, o dogter van Tirus — met geskenke sal hulle u guns soek, ja, die rykstes van die mense.
14Louter heerlikheid is die Koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding.
15In veelkleurige gewade word sy na die Koning gelei; jonkvroue agter haar, haar vriendinne, word na U gebring.
16Hulle word gelei met vreugde en gejuig; hulle gaan in die Koning se paleis in.
17In die plek van u vaders sal u seuns wees; U sal hulle aanstel as vorste in die hele land. U Naam wil ek vermeld van geslag tot geslag; daarom sal die volke U loof vir ewig en altyd.