9 And when he had opened the fifth seal, I saw under the altar the souls of them that were slain for the word of God, and for the testimony which they held:
10 And they cried with a loud voice, saying, How long, O Lord, holy and true, dost thou not judge and avenge our blood on them that dwell on the earth?
11 And white robes were given unto every one of them; and it was said unto them, that they should rest yet for a little season, until their fellowservants also and their brethren, that should be killed as they were, should be fulfilled.
1'n Onderwysing van Asaf. My volk, luister na my onderrig; neig julle oor tot die woorde van my mond.
2Ek wil my mond open met 'n spreuk, raaisels uit die voortyd laat stroom.
3Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het,
4sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die HERE en sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het.
5Hy tog het 'n getuienis opgerig in Jakob en 'n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders beveel het — om dit aan hulle kinders bekend te maak,
6sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders,
7en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar,
8en nie word soos hulle vaders nie, 'n koppige en wederstrewige geslag, 'n geslag met 'n onvaste hart en wie se gees nie trou was teenoor God nie.
9Die kinders van Efraim, gewapende boogskutters, het omgespring op die dag van oorlog.
10Hulle het die verbond van God nie gehou nie en geweier om te wandel in sy wet.
11En hulle het sy dade vergeet en sy wonders wat Hy hulle laat sien het.
12Voor hulle vaders het Hy wonders gedoen, in die land Egipte, die veld van Soan.
13Hy het die see geklief en hulle laat deurgaan en die waters laat staan soos 'n wal.
14En Hy het hulle bedags gelei met 'n wolk en die hele nag met 'n lig van vuur.
15Hy het rotse gekloof in die woestyn en hulle oorvloedig laat drink soos uit watervloede.
16En Hy het strome laat uitgaan uit die rots en die waters laat afloop soos riviere.
17Nog het hulle voortgegaan om teen Hom te sondig, om wederstrewig te wees teen die Allerhoogste in die dor land.
18En hulle het God versoek in hul hart deur voedsel te vra na hulle sin.
19En hulle het teen God gespreek, hulle het gesê: Sou God 'n tafel kan dek in die woestyn?
20Kyk, Hy het die rots geslaan, dat waters gevloei en spruite gestroom het — sou Hy ook brood kan gee of vleis kan verskaf aan sy volk?
21Daarom het die HERE gehoor en toornig geword, en 'n vuur is aangesteek teen Jakob, en toorn het ook opgegaan teen Israel;
22omdat hulle in God nie geglo en op sy hulp nie vertrou het nie.
23En Hy het aan die wolke daarbo bevel gegee en die deure van die hemel oopgemaak;
24en Hy het manna op hulle laat reën om te eet en koring van die hemel aan hulle gegee.
25Mense het die brood van die engele geëet; Hy het hulle volop padkos gestuur.
26Hy het die oostewind laat uitbreek aan die hemel en die suidewind deur sy sterkte aangevoer;
27en Hy het vleis soos stof op hulle laat reën en gevleuelde voëls soos sand aan die seë;
28en Hy het dit binne-in sy laer laat val, rondom sy wonings.
29Toe het hulle geëet en ten volle versadig geword, en hulle begeerte het Hy bevredig.
30Hulle was nie weg van hul begeerte nie — hulle voedsel was nog in hulle mond —
31toe die toorn van God teen hulle opgegaan het en Hy 'n slagting onder hulle kragtige manne aangerig en die jongmanne van Israel neergewerp het.
32Ondanks dit alles het hulle verder gesondig en nie aan sy wonders geglo nie.
33So het Hy dan hulle dae laat vergaan in nietigheid en hulle jare in verskrikking.
34Elke keer as Hy hulle gedood het, het hulle na Hom gevra en teruggekom en God gesoek;
35en hulle het daaraan gedink dat God hul rots was en God, die Allerhoogste, hul verlosser.
36En hulle het Hom met hul mond gevlei en Hom met hul tong belieg;
37maar hulle hart het nie aan Hom vasgehou nie, en hulle was nie trou in sy verbond nie.
38Maar Hy is barmhartig, Hy versoen die ongeregtigheid en verdelg nie, en dikwels wend Hy sy toorn af en wek nie al sy grimmigheid op nie.
39En Hy het daaraan gedink dat hulle vlees was, 'n wind wat weggaan en nie terugkom nie.
40Hoe dikwels was hulle wederstrewig teen Hom in die woestyn, het hulle Hom gegrief in die wildernis;
41en hulle het God opnuut versoek en die Heilige van Israel gekrenk.
42Hulle het nie aan sy hand gedink, aan die dag toe Hy hulle van die teëstander verlos het nie;
43toe Hy sy tekens gedoen het in Egipte en sy wonders in die veld van Soan.
44En Hy het hulle riviere verander in bloed en hulle strome, sodat hulle nie kon drink nie.
45Hy het onder hulle steekvlieë gestuur wat hulle verteer het, en paddas wat verwoesting oor hulle gebring het.
46En Hy het hulle opbrings aan die kaalvreter gegee en die vrug van hulle werk aan die treksprinkaan.
47Hy het hulle wingerdstok deur die hael doodgemaak en hulle wildevyeboom deur ryp.
48Ook het Hy hulle diere aan die hael oorgegee en hulle vee aan die blitse.
49Hy het die gloed van sy toorn onder hulle gestuur, grimmigheid en woede en benoudheid, 'n uitsending van ongeluksbodes.
50Hy het 'n pad vir sy toorn gebaan, hulle siel nie gered van die dood nie, maar hulle lewe aan die pes oorgegee.
51En Hy het al die eersgeborenes in Egipte getref, die eerstelinge van hul krag in die tente van Gam.
52Maar Hy het sy volk laat wegtrek soos skape en hulle gelei soos 'n kudde in die woestyn.
53Ja, Hy het hulle veilig gelei, sodat hulle nie gevrees het nie; maar die see het hulle vyande oordek.
54En Hy het hulle gebring na sy heilige grondgebied, na die bergland wat sy regterhand verwerf het.
55En Hy het nasies voor hulle uit verdrywe en dié aan hulle as afgemete erfdeel laat val, en Hy het die stamme van Israel in hulle tente laat woon.
56Maar hulle het Hom versoek en was wederstrewig teen God, die Allerhoogste, en hulle het sy getuienisse nie onderhou nie.
57En hulle was afvallig en het troueloos gehandel soos hul vaders; hulle het omgedraai soos 'n bedrieglike boog.
58En hulle het Hom geterg deur hul hoogtes en deur hul gesnede beelde sy jaloersheid gewek.
59God het dit gehoor en toornig geword, en Hy het Israel heeltemal verwerp.
60En Hy het die tabernakel in Silo prysgegee, die tent wat Hy opgeslaan het onder die mense.
61En Hy het sy sterkte oorgegee in gevangenskap en sy heerlikheid in die hand van die teëstander.
62En Hy het sy volk oorgelewer aan die swaard en toornig geword op sy erfdeel.
63Die vuur het hulle jongmanne verteer, en hulle jongedogters is nie geprys nie.
64Hulle priesters het deur die swaard geval, en hulle weduwees het nie geween nie.
65Toe het die Here wakker geword soos een wat slaap, soos 'n held wat oorweldig is deur die wyn;
66en Hy het sy teëstanders van agter geslaan, Hy het hulle 'n ewige smaadheid aangedoen.
67En Hy het die tent van Josef verwerp, en die stam van Efraim het Hy nie uitverkies nie,
68maar die stam van Juda uitverkies, die berg Sion wat Hy liefhet.
69En Hy het sy heiligdom soos hemelhoogtes gebou, soos die aarde wat Hy vir ewig gegrondves het.
70En Hy het sy kneg Dawid uitverkies en hom van die skaapkrale af geneem.
71Agter die lammerooie het Hy hom gaan weghaal, om Jakob, sy volk, op te pas en Israel, sy erfdeel.
72En hy het hulle opgepas na die opregtheid van sy hart en hulle gelei met die verstandige oorleg van sy hande.