9 And when he had opened the fifth seal, I saw under the altar the souls of them that were slain for the word of God, and for the testimony which they held:
10 And they cried with a loud voice, saying, How long, O Lord, holy and true, dost thou not judge and avenge our blood on them that dwell on the earth?
11 And white robes were given unto every one of them; and it was said unto them, that they should rest yet for a little season, until their fellowservants also and their brethren, that should be killed as they were, should be fulfilled.
1in die negende jaar van Sedekía, die koning van Juda, in die tiende maand, het Nebukadrésar, die koning van Babel, met sy hele leër na Jerusalem gekom en hulle het dit beleër;
2in die elfde jaar van Sedekía, in die vierde maand, op die negende van die maand, is in die stad ingebreek —
3toe het al die vorste van die koning van Babel gekom en gaan sit in die Middelste Poort, naamlik Nergal-Saréser, Samgar-Nebo, Sársegim, die rábsaris, Nergal-Saréser, die rabmag, en al die ander vorste van die koning van Babel.
4En toe Sedekía, die koning van Juda, en al die krygsmanne hulle sien, het hulle gevlug en in die nag uit die stad getrek op pad na die koning se tuin, deur die poort tussen die twee mure; en hy het uitgetrek op pad na die Vlakte toe.
5Maar die leër van die Chaldeërs het hulle agternagejaag en Sedekía in die vlaktes van Jérigo ingehaal en hom gevang en hom gebring na Nebukadrésar, die koning van Babel, na Ribla in die land Hamat; en hy het vonnis oor hom uitgespreek.
6En die koning van Babel het die seuns van Sedekía voor sy oë in Ribla geslag; ook het die koning van Babel al die edeles van Juda geslag.
7En hy het die oë van Sedekía laat verblind en hom met koperkettings geboei om hom na Babel te bring.
8En die Chaldeërs het die paleis van die koning en die huise van die volk met vuur verbrand; en die mure van Jerusalem het hulle omgegooi.
9En die deel van die volk wat nog in die stad oorgebly het en die oorlopers wat na hom oorgeloop het, en die deel van die volk wat nog oorgebly het, het Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, in ballingskap weggevoer na Babel toe.
10Maar van die arm mense wat niks gehad het nie, het Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, in die land Juda laat agterbly en aan hulle wingerde en landerye in dié tyd gegee.
11Maar aangaande Jeremia het Nebukadrésar, die koning van Babel, bevel gegee deur middel van Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, en gesê:
12Neem hom en hou jou oë oor hom en doen hom geen kwaad nie; maar doen met hom soos hy jou sal sê.
13Toe stuur Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, en Nebusásban, die rábsaris, en Nergal-Saréser, die rabmag, en al die bevelhebbers van die koning van Babel — hulle het gestuur
14en Jeremia uit die voorhof van bewaking laat haal en hom oorgegee aan Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, om hom huis toe te bring. So het hy dan onder die volk gebly.
15Ook het die woord van die HERE tot Jeremia gekom, terwyl hy in die voorhof van bewaking opgesluit was, naamlik:
16Gaan en spreek met Ebed-Meleg, die Kusiet, en sê: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring my woorde oor hierdie stad ten kwade en nie ten goede nie, en dit sal voor jou oë vervul word in dié dag.
17Maar Ek sal jou in dié dag red, spreek die HERE; en jy sal nie oorgegee word in die hand van die manne vir wie jy bang is nie.
18Want Ek sal jou sekerlik laat vryraak, en jy sal deur die swaard nie val nie; maar jou siel sal vir jou 'n buit wees, omdat jy op My vertrou het, spreek die HERE.