9 And when he had opened the fifth seal, I saw under the altar the souls of them that were slain for the word of God, and for the testimony which they held:
10 And they cried with a loud voice, saying, How long, O Lord, holy and true, dost thou not judge and avenge our blood on them that dwell on the earth?
11 And white robes were given unto every one of them; and it was said unto them, that they should rest yet for a little season, until their fellowservants also and their brethren, that should be killed as they were, should be fulfilled.
1En daar was 'n lang oorlog tussen die huis van Saul en die huis van Dawid, en Dawid het altyd sterker geword, maar die huis van Saul altyd swakker.
2En vir Dawid is daar seuns in Hebron gebore. En sy eersgeborene was Amnon, by Ahínoam uit Jísreël;
3en sy tweede was Kíleab, by Abígail, die vrou van Nabal, die Karmeliet; en die derde was Absalom, die seun van Máäga, die dogter van Tálmai, die koning van Gesur;
4en die vierde Adónia, die seun van Haggit; en die vyfde Sefátja, die seun van Abítal;
5en die sesde Jítream, by Egla, die vrou van Dawid. Hulle is vir Dawid in Hebron gebore.
6En onderwyl daar oorlog was tussen die huis van Saul en die huis van Dawid, was Abner besig om homself te versterk in die huis van Saul.
7Saul het naamlik 'n byvrou gehad wie se naam Rispa was, die dogter van Aja; en Isbóset het vir Abner gesê: Waarom het jy by die byvrou van my vader ingegaan?
8Toe word Abner baie kwaad oor die woorde van Isbóset en sê: Is ek dan die hondskop wat aan Juda behoort? Vandag bewys ek guns aan die huis van Saul, jou vader, aan sy broers en aan sy vriende; en ek het jou nie in die hand van Dawid laat raak nie, en tog verwyt jy my vandag die oortreding met 'n vrou?
9Mag God so aan Abner doen en so daaraan toedoen, sekerlik, soos die HERE Dawid met 'n eed beloof het, net so sal ek aan hom doen
10deur die koningskap aan die huis van Saul te ontneem en die troon van Dawid op te rig oor Israel en oor Juda, van Dan tot Berséba.
11En hy kon Abner verder geen antwoord gee nie, omdat hy vir hom bang was.
12Daarop het Abner boodskappers na Dawid in sy plek gestuur om te sê: Aan wie behoort die land? en: Sluit u verbond met my; en kyk, my hand sal met u wees om die hele Israel na u toe oor te bring.
13En hy het gesê: Goed, ék sal met u 'n verbond sluit, maar een ding eis ek van u, naamlik: U mag my aangesig nie sien nie, of u moet eers Migal, die dogter van Saul, saambring as u kom om my aangesig te sien.
14Dawid het ook boodskappers gestuur na Isbóset, die seun van Saul, om te sê: Gee my vrou Migal met wie ek my verloof het vir honderd voorhuide van die Filistyne.
15En Isbóset het gestuur en haar van die man, van Páltiël, die seun van Lais, afgeneem.
16En haar man het saam met haar gegaan, terwyl hy agter haar aan loop en ween tot by Bahúrim. Toe sê Abner vir hom: Gaan terug. En hy het teruggegaan.
17En Abner het met die oudstes van Israel onderhandel en gesê: Gister sowel as eergister het julle aldeur Dawid as koning oor julle begeer.
18Voer dit dan nou uit, want die HERE het van Dawid gespreek en gesê: Deur die hand van my kneg Dawid sal Ek my volk Israel uit die hand van die Filistyne en uit die hand van al hulle vyande verlos.
19En Abner het ook voor die ore van Benjamin gespreek; en Abner het ook gegaan om voor die ore van Dawid in Hebron te spreek alles wat goed was in die oë van Israel en in die oë van die hele huis van Benjamin.
20Toe Abner by Dawid in Hebron kom, en twintig man saam met hom, het Dawid vir Abner en die manne wat by hom was, 'n maaltyd aangerig.
21En Abner sê vir Dawid: Ek wil my klaarmaak en die hele Israel by my heer die koning gaan versamel, dat hulle met u 'n verbond sluit; dan kan u heers oor alles wat u siel begeer. Daarop het Dawid Abner laat gaan, en hy het in vrede weggegaan.
22Intussen kom die dienaars van Dawid en Joab juis van 'n rooftog af, en hulle bring 'n groot buit met hulle saam. Maar Abner was nie meer by Dawid in Hebron nie, want dié het hom laat gaan, en hy het in vrede vertrek.
23Toe Joab en die hele kommando wat saam met hom was, tuis kom, deel hulle aan Joab mee en sê: Abner, die seun van Ner, het na die koning gekom, en dié het hom laat gaan, en hy het in vrede vertrek.
24Daarop kom Joab by die koning en sê: Wat het u gedoen? Kyk, Abner het by u gekom; waarom het u hom tog laat loop, dat hy somaar weggegaan het?
25U ken Abner, die seun van Ner, dat hy gekom het om u te mislei en om u uitgang en u ingang te weet, ja, om alles te weet wat u doen.
26En Joab het van Dawid af weggegaan en boodskappers agter Abner aan gestuur, wat hom teruggebring het van die put Hassira af sonder dat Dawid dit geweet het.
27Toe Abner dan in Hebron terugkom, het Joab hom eenkant toe gelei in die middel van die poort om vertroulik met hom te praat en hom daar in die onderlyf gesteek, sodat hy gesterf het, oor die bloed van sy broer Asahel.
28Toe Dawid dit daarna hoor, sê hy: Ek en my koninkryk is voor die HERE vir ewig onskuldig aan die bloed van Abner, die seun van Ner.
29Mag dit losbreek op die hoof van Joab en op sy hele familie, en mag die huis van Joab nie vry wees van een wat 'n vloeiing het of wat melaats is of wat op krukke loop of wat deur die swaard val of gebrek aan brood het nie.
30Joab dan en Abísai, sy broer, het Abner vermoor, omdat hy hulle broer Asahel by Gíbeon in die geveg gedood het.
31Verder het Dawid aan Joab en al die mense wat by hom was, gesê: Skeur julle klere en gord rouklere aan en rouklaag voor Abner uit! En koning Dawid het agter die baar aan gegaan.
32Toe hulle Abner in Hebron begrawe, het die koning sy stem verhef en geween by die graf van Abner; die hele volk het ook geween.
33En die koning het 'n klaaglied oor Abner aangehef en gesê: Moes Abner sterwe soos 'n dwaas sterwe?
34Jou hande was nie gebind en jou voete nie aangeraak met koperkettings nie. Soos 'n mens voor kwaaddoeners val, het jy geval. En die hele volk het nog meer oor hom geween.
35Daarop kom die hele volk om Dawid te beweeg dat hy brood moet eet terwyl dit nog dag was; maar Dawid het gesweer en gesê: Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen as ek voor sonsondergang brood of enigiets proe.
36En die hele volk het dit opgemerk, en dit was goed in hulle oë: soos alles wat die koning gedoen het, was dit goed in die oë van die hele volk.
37En die hele volk en die hele Israel het dieselfde dag gemerk dat dit nie van die koning gekom het om Abner, die seun van Ner, dood te maak nie.
38Verder het die koning aan sy dienaars gesê: Weet julle nie dat vandag 'n vors en 'n groot man in Israel geval het nie?
39Maar ek is vandag swak, alhoewel ek as koning gesalf is, terwyl hierdie manne, die seuns van Serúja, harder is as ek. Mag die HERE die kwaaddoener vergelde na sy boosheid!