9 And when he had opened the fifth seal, I saw under the altar the souls of them that were slain for the word of God, and for the testimony which they held:
10 And they cried with a loud voice, saying, How long, O Lord, holy and true, dost thou not judge and avenge our blood on them that dwell on the earth?
11 And white robes were given unto every one of them; and it was said unto them, that they should rest yet for a little season, until their fellowservants also and their brethren, that should be killed as they were, should be fulfilled.
1Op die derde dag het Ester haar koninklik aangetrek en gaan staan in die binneste voorhof van die paleis van die koning, teenoor die saal van die koning, terwyl die koning op sy koninklike troon sit in die koninklike saal, teenoor die ingang van die saal.
2En net toe die koning koningin Ester in die voorhof sien staan, het sy genade in sy oë gevind; en die koning het die goue septer wat in sy hand was, na Ester uitgesteek; en Ester het nader gekom en die punt van die septer aangeraak.
3Toe sê die koning vir haar: Wat wil jy hê, koningin Ester, of wat is jou versoek? Al was dit ook die helfte van die koninkryk — dit sal jou gegee word.
4Daarop antwoord Ester: As die koning dit goedvind, laat die koning dan vandag met Haman na die maaltyd kom wat ek vir hom berei het.
5En die koning sê: Bring Haman gou, dat ons kan handel volgens die woord van Ester! En die koning en Haman het gegaan na die maaltyd wat Ester berei het.
6En terwyl hulle wyn drink, sê die koning vir Ester: Wat is jou bede? — dit sal jou toegestaan word. En wat is jou versoek? Al was dit ook die helfte van die koninkryk — daaraan sal voldoen word.
7Daarop antwoord Ester en sê: My bede en my versoek is:
8As ek genade gevind het in die oë van die koning, en as die koning dit goedvind om my bede toe te staan en aan my versoek te voldoen, laat die koning en Haman na die maaltyd kom wat ek vir hulle sal berei, dan sal ek môre na die wens van die koning handel.
9En op dié dag het Haman bly en opgeruimd heengegaan; maar toe Haman Mórdegai in die poort van die koning sien en dat hy nie opstaan of vir hom bevrees is nie, was Haman met woede vervul teen Mórdegai.
10Maar Haman het hom bedwing; en toe hy by sy huis kom, laat hy sy vriende en sy vrou Seres haal;
11en Haman vertel hulle van die heerlikheid van sy rykdom en van die veelheid van sy seuns en van alles waarin die koning hom groot gemaak het en hoe hy hom verhef het bo die vorste en die dienaars van die koning.
12Verder sê Haman: Selfs het koningin Ester niemand saam met die koning na die maaltyd laat kom wat sy aangerig het nie, as net vir my, en ook vir môre is ek deur haar genooi saam met die koning.
13Maar dit alles baat my niks, solank as ek die Jood Mórdegai in die poort van die koning sien sit.
14Toe sê sy vrou Seres en al sy vriende vir hom: Laat hulle 'n galg van vyftig el hoog maak, en sê môre vroeg aan die koning dat hulle Mórdegai daaraan moet ophang; gaan dan vrolik saam met die koning na die maaltyd. Dié woord het Haman geval, en hy het die galg laat maak.